Ek het die afgelope tyd weer hierdie welbekende Exodus 20 gelees waar God Sy Wet vir die Israeliete gee. In baie kerke word dit steeds elke Sondag tydens die erediens gelees, maar ek wonder of ons nog enigsins dink en luister wanneer dit gebeur? Ek wil egter nie vanoggend by die Wet stilstaan nie, maar by die volk se reaksie toe God direk met hulle praat ….. 18 En toe die hele volk die donderslae en die blitse en die geluid van die basuin en die rokende berg bemerk, het die volk dit gesien en gebewe en op
Toe God net so ‘n klein deeltjie van Homself vertoon met donderslae en blitse en die geluid van ‘n basuin, en die berg rook, was dit té veel vir die volk…….. Hulle het gebewe van vrees en terug / weg gestaan……. en gevra dat die Here eerder met Moses alleen moet praat…….. so Moses het nader gegaan en God het verder met hom alleen gepraat terwyl die volk steeds bevrees op ‘n afstand toekyk,……. tot in hoofstuk 24:12 waar die Here Moses beveel om teen die berg op te klim sodat Hy hom die wet op kliptafels kan g
Onthou nou die volk se vrees toe God net so ‘n titseltjie van Homself aan hulle vertoon……. 16 En die heerlikheid van die HERE het op die berg Sinai gebly, en die wolk het dit ses dae lank oordek. En op die sewende dag het Hy na Moses geroep uit die wolk. 17 En die verskyning van die HERE se heerlikheid was in die oë van die kinders van Israel soos ‘n verterende vuur op die top van die berg. 18 En Moses het binne-in die wolk ingegaan en die berg opgeklim. En Moses was op die berg veertig dae en veertig