africa (3964) safari (1299) hunt (573) kalahari (44)
Walt Whitman
Makopong Safari Lodge is 'n wildsplaas geleë op die Botswana grens 80km wes van Bray en 8km oos van Makopong grenspos. Dit is die ideale bestemming vir jagters wat op soek is na ware vrede weg van die geraas in die stad.
Akkommodasie vir groepe van tot tien gaste word in vier luukse chalets aangebied, elk met en-suite-badkamer en lugversorging. Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg met alle nodige geriewe vir voedselvoorbereiding. Daar is ook 'n boma met braaigeriewe en 'n swembad vir gaste se gebruik.