ppfkaapkerk.co.za - Predikante Pensioenfonds | van die Ned. Geref. Kerk in Suid-Afrika

Example domain paragraphs

Alexander Forbes is besig om hulle administrasie platform na die “Khanya” administrasie platform te skuif. Dit is ’n meer gesofistikeerde stelsel met ’n wyer spektrum funksies. AF Online sal gevolglik vanaf 1 Mei 2023 tot middel Julie 2023 gesluit wees weens die omskakeling. Indien ’n PPF-lid  in hierdie periode AF Online oopmaak, sal sy of haar fondswaarde tans NUL aantoon.  Sien die volledige omsendbrief wat aan alle PPF-lede gestuur is hier:  Brief

Die Predikante Pensioenfonds van die Ned. Geref. Kerk in Suid-Afrika (PPF) is die pensioenfonds vir predikante van die NG Kerk in Suid-Afrika ( Wes-Kaapland ), die NG Kerk in Noord-Kaapland , die NG Kerk in Oos-Kaapland , die NG Kerk in KwaZulu-Natal en vanaf 1 September 2021 ook die NG Kerk in die Vrystaat . By implikasie beteken dit dat al die gemeentes in die betrokke sinodes deelhebbers van die PPF is.

Die PPF het op 1 Januarie 2008 vanaf ’n vaste voordeel struktuur na ’n vaste bydrae struktuur omgeskakel.

Links to ppfkaapkerk.co.za (2)